Gebruiksvoorwaardes
Deur die
gebruik van hierdie webwerf, stem jy in en is jy verbind tot hierdie
Gebruiksvoorwaardes. As jy nie saamstem met enige van hierdie bepalings of
Voorwaardes nie, moet asseblief nie hierdie webwerf gebruik nie. CruGuru behou
die reg voor om hierdie Voorwaardes te eniger tyd te verander, te wysig of op te
dateer, en hiermee stem jy in om gebind te wees deur sodanige veranderinge,
wysigings of opdaterings. Alle materiaal op hierdie webtuiste, insluitende, maar
nie beperk nie, tot teks, beelde, en die html-kode word beskerm deur die
Suid-Afrikaanse en Internasionale Kopiereg-wette, en mag nie gekopieër word,
verander word, oorgedra word, vertaal word, of anders versprei word deur middel
van enige metode nie, sonder die toestemming van CruGuru.
CruGuru is nie
noodwendig verbonde aan webwerwe wat moontlik in hierdie werf gekoppel word nie,
en is nie verantwoordelik vir die inhoud van sodanige webwerwe nie. Die
gekoppelde webblaaie is vir jou gemak en jy verkry toegang daartoe op eie
risiko.
Die materiaal
in die CruGuru webwerf word gelewer soos dit daar opgeteken staan en sonder
enige waarborge van enige aard hetsy pertinent of geïmpliseerd. CruGuru verwerp
alle waarborge, hetsy uitdruklik of geïmpliseerd, insluitend, maar nie beperk
nie tot, geïmpliseerde waarborge van verhandelbaarheid en geskiktheid vir 'n
spesifieke doel. CruGuru bied geen waarborg dat die funksies soos vervat in die
materiaal ononderbroke of foutloos sal wees nie, dat defekte reggestel sal wees
nie, of dat die CruGuru webwerf of die bediener wat dit beskikbaar stel, vry van
virusse en ander skadelike komponente sal wees nie.
CruGuru
waarborg nie en maak nie enige verklarings nie ten opsigte van die gebruik, of
die resultate van die gebruik van, die materiaal in die CruGuru webwerf nie in
terme van hul korrektheid, akkuraatheid, betroubaarheid, of andersins. Die
gebruiker van die CruGuru webwerf (en nie CruGuru nie) is verantwoordelik vir
die volle koste van alle vereiste onderhoud, herstel of regstellings. Onder geen
omstandighede, insluitende, maar nie beperk nie, tot nalatigheid, sal CruGuru
aanspreeklik wees nie vir enige spesiale of gevolglike skade wat mag voortspruit
uit die gebruik van, of die onvermoë om die materiaal op hierdie webwerf te
gebruik, selfs al is CruGuru ingelig oor die moontlikheid van sulke skade.
As jy nie met
hierdie Gebruiksvoorwaardes saamstem nie, beëindig dan asseblief die gebruik van
die webwerf onmiddellik.