Webwerf-Privaatheid
CruGuru het baie respek vir die bekommernisse
rakende privaatheid van die besoekers aan sy webblaaie op die internet. As
algemene beleid word geen persoonlike inligting outomaties versamel van die
besoekers aan hierdie webwerf nie. Daar word egter sekere nie-persoonlike
inligting van besoekers aangeteken tydens die normale werking van CruGuru se
internet bedieners. Hierdie inligting word hoofsaaklik gebruik om 'n gevorderde
aanlyn-ervaring aan die besoeker te verskaf. Die soort inligting wat nagespoor
word, sluit in die soort webblaaier wat deur die besoeker gebruik word (bv.
Netscape, Internet Explorer, Firefox, Opera, Safari), die aard van die
bedryfstelsel wat deur die besoeker gebruik word (bv. Macintosh, Windows) en
die domeinnaam van die besoeker se internet-diensverskaffer.
Deurdat hierdie
inligting beskikbaar is, kan webblaaie vir wat vir 'n spesifieke besoeker se
rekenaar geoptimeer is, outomaties aan daardie besoeker beskikbaar gestel word.
Ander gebruike van hierdie inligting kan die volgende insluit: interne
rapportering van die aantal besoekers aan hierdie webwerf, maar net in 'n
globale en nie in ‘n persoonlik identifiseerbare vorm nie. Ons sal nooit jou
e-pos adres aan derde partye bekend maak of verkoop nie. Ons gebruik dit slegs
as 'n middel van kommunikasie met jou. Jou e-posadres kan ook dien as jou metode
van aanteken by die webwerf.
E-pos adresse en ander persoonlike inligting oor
die besoekers aan hierdie webwerf word aan CruGuru bekend slegs wanneer dit
vrywillig ingedien word deur die gebruikers. CruGuru sal slegs persoonlik
identifiseerbare inligting gebruik wat op op hierdie webwerf verskaf is vir die
doeleindes soos beskryf ten tyde van die versameling daarvan (byvoorbeeld, die
e-posadresse wat besoekers verskaf om e-pos kennisgewings te ontvang, sal slegs
vir daardie doel gebruik word, nl. die stuur hierdie e-pos kennisgewings).
Ander CruGuru webwerwe, sowel as enige ander derde-party webwerwe wat skakel vanaf
hierdie webwerf, kan elk beskik oor verskillende privaatheidsbeleide en praktyke.
Jy moet noukeurig hierdie ander webtuistes se privaatheidsbeleide ondersoek ten
einde te bepaal hoe elke webwerf enige persoonlike inligting wat jy verskaf, kan
gebruik.
Fiksie Kategorieë:
Kliek op 'n kategorie om die boeke te besigtig:
Nie-Fiksie Kategorieë:
Kliek op 'n kategorie om die boeke te besigtig: